Hoewel hy bedlêend was, het die 92-jarige Morrie Boogaart hoede gebrei vir die haweloses in Michigan. Hy het blykbaar meer as 8000 hoede in 15 jaar gebrei. In plaas daarvan dat hy gefokus het op sy gesondheid, het Mnr Boogaart verby homself gekyk en gedoen wat hy kon om ander se behoeftes bo syne te stel. Hy het gesê dat sy werk hom goed laat voel en hom ’n doel gegee het. Hy het gesê, “Ek sal dit doen tot ek huistoe gaan na die Here” – wat in Februarie 2018 gebeur het. Hoewel meeste van die ontvangers van die hoede nie sy storie ken nie, inspireer Morrie se eenvoudige daad van liefde, mense regoor die wêreld.

Ons kan ook verby ons struwelinge kyk, ander voor onsself plaas en ons liefdevolle en barmhartige Heiland, Jesus Christus, nadoen (Filippense 2:1–5). God in die vlees – die Koning van Konings – het “die gestalte van ’n slaaf” aangeneem in nederigheid (vv. 6–7). Hy het Sy lewe gegee – die uiterste offer – en ons plek aan die kruis geneem (vs. 8). Jesus het alles vir ons gegee … tot eer van God die Vader (vv. 9–11).

As gelowiges is dit ons voorreg om liefde en sorg te betoon vir ander deur barmhartigheid. Al dink ons ons het nie veel om aan te bied nie, kan ons diensbaar wees. Ons kan aktief geleenthede soek om ’n verskil in mense se lewens te maak deur net te doen wat ons kan.