In 2005 het Collins ’n verslag vervals wat veroorsaak het dat McGee tronk toe is vir vier jaar, en McGee het wraak gesweer. McGee was later vrygespreek, maar het alles verloor. In die tussentyd het Collins se menige vervalste verslae aan die lig gekom en hy moes ook tronk toe. Albei mans het in die tronk tot geloof in Christus gekom.

In 2015 het die twee ontdek dat hulle vir dieselfde firma werk. Collins onthou, “Ek het gesê [aan McGee] ‘Ek het eerlikwaar geen verduideliking nie, al wat ek kan sê is dat ek jammer is.” Dit was “eintlik al wat ek nodig gehad het om te hoor,” het McGee gesê, wat hom vergewe het. Die mans kon toe versoen omdat albei die onvergelykbare liefde en vergifnis van God ervaar het, wat ons in staat stel om mekaar te vergewe “Soos die Here [ons] vergewe het” (Kolossense 3:13).

Die twee is nou goeie vriende. “Ons het hierdie gesamentlike doel … om die wêreld te laat weet dat as jy ’n verskoning skuld, bêre jou trots en gaan maak verskoning,” sê Collins. “En as jy iets teen iemand het, laat vaar die verbittering, want dit is soos om gif te drink en te hoop dit maak hulle seer.”

God roep gelowiges om in vrede en eenheid te lewe. As “die een iets teen die ander het” kan ons dit na Hom toe bring. Hy sal ons help om te versoen (vv. 13–15; Filippense 4:6–7).