Anne Frank is goed bekend vir haar dagboek oor hulle skuilhouding gedurende Wêreldoorlog II. Toe sy later in ’n Nazi- kamp was, het dié saam met haar gesê “haar trane [vir hulle] het nooit opgedroog nie”, wat haar ’n “geseënde teenwoordigheid vir almal wat haar geken het,” gemaak het. Kenneth Bailey het hiermee gesê dat sy nooit “medelye moegheid” getoon het nie.

Medelye moegheid kan ’n gevolg wees van die lewe in ’n erg gebroke wêreld. Die omvang van menslike lyding kan selfs ons beste voornemens verdoof. Dit was egter nie in Jesus se aard nie. Matteus 9:35–36 sê, “Jesus het al die die dorpe en klein plekkies besoek. Hy het die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal gesond gemaak. Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie ’n wagter het nie.”

Ons wêreld ly nie net aan fisieke behoeftes nie, maar ook aan geestelike gebrokenheid. Jesus het ook hiervoor gekom en Sy volgelinge gedaag om Hom by te staan (vv. 37–38). Hy het gebid dat die Vader werkers sal voorsien vir die behoeftes rondom ons – mense wat spook met eensaamheid, sonde, en siekte. Mag die Vader ons ’n hart gee wat Sy hart weerspieël. In die krag van Sy Gees kan ons Sy medelydende besorgheid uitdruk vir die wat ly.