Die 2010 rolprent The King’s Speech vertel die verhaal van die hakkelende Koning George VI van Engeland wat onverwags sy broer opgevolg het. Wat my baie in die prent opgeval het was die uitbeelding van die koning se eggenote, Elizabeth, wat hom deurgaans aangemoedig het. Haar toegewydheid het hom ondersteun om tydens die oorlog te regeer.

Die Bybel beklemtoon verhale van aanmoedigers wat in uitdagende omstandighede kragtig bystand verleen het. Moses het Aaron en Hur se ondersteuning tydens Israel se veldslae geniet (Eksodus 17:8–16). Elisabet het die swanger Maria aangemoedig en ondersteun (Lukas 1:42–45).

Na sy bekering het Paulus die ondersteuning van Barnabas,wie se naam letterlik “seun van ondersteuning” beteken, nodig gehad. Toe die dissipels bang was vir Paulus, was dit Barnabas wat, ten koste van sy eie reputasie, vir Paulus opgekom het (Handelinge 9:27). Sy ondersteuning was belangrik vir Paulus se aanvaarding in die Christen gemeenskap. Later het Barnabas Paulus tydens sy sendingreise vergesel (Handelinge 14). Ongeag die gevare het hulle saamgewerk om die evangelie te vestig.

Gelowiges word steeds opgeroep om mekaar moed in te praat en mekaar te versterk (1 Tessalonisense 5:11). Mag ons altyd ywerig wees om ander wat voor moeilike omstandighede te staan kom, te ondersteun.