“Gip” Hardin, ’n Metodiste prediker, het sy seun na die beroemde prediker John Wesley, vernoem. Die seun het egter ’n totaal ander pad as sy naamgenoot gekies en was hy as een van die mees berugte wetsongehoorsames van die Amerikaanse Weste in die laat 1800’s beskou.

Name in die Bybel speel ’n baie belangrike rol. Toe ’n engel die geboorte van God se Seun aangekondig het, het hy Josef beveel om Maria se Seun Jesus te noem, “want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Mat. 1:21). Die betekenis van Jesus se naam – Jehova red – bevestig Sy opdrag om ons van sonde te red.

Anders as Hardin het Jesus volledig en deeglik Sy naam gestand gedoen. Deur Sy dood en opstanding het Hy Sy reddingstaak uitgevoer. Johannes het die lewegewende krag van Jesus se naam bevestig toe hy gesê het: “… sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo in sy Naam die lewe kan hê” (Joh. 20:31). Die boek Handelinge nooi almal uit om Hom te vertrou want “Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos word nie” (Hand. 4:12).

Almal wat die unieke naam van Jesus in geloof aanroep, kan die vergifnis en hoop wat Hy bied, ervaar. Het jy al Sy naam aangeroep?