Laura se ma was ’n kankerlyer. Een oggend het Laura saam met ’n vriendin, ’n serebraal-verlamde, vir haar ma gebid. Haar vriendin het gebid: “Here, U doen alles vir my. Doen asseblief alles vir Laura se moeder.”

Laura was diep getref deur haar vriendin se verklaring van afhanklikheid van God en het haarself afgevra: “Hoe dikwels erken ek dat ek God in alles nodig het? Dit is iets wat ek elke dag moet doen!”

Jesus het tydens Sy wandeling op aarde deurentyd Sy afhanklikheid van Sy hemelse Vader gedemonstreer. Mens mag moontlik dink dat, omdat Jesus God in ’n menslike liggaan is, Hy alle rede sou hê om self-onderhoudend te wees. Maar toe geestelike leiers Hom uitvra oor hoekom Hy die sabbatdag, wat wetlik as rusdag verorden was, iemand genees, was Sy reaksie: “Dit verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen” (Johannes 5:19). Jesus het dus ook Sy afhanklikheid verklaar!

Jesus se afhanklikheid van die Vader stel die daadwerklike voorbeeld van wat dit beteken om in ’n verhouding met God te leef. Elke asemtuig is ’n geskenk van God, en Hy verlang dat ons lewens gevul sal wees met Sy krag. Wanneer ons deur gereelde gebed en vertroue op Sy woord vir Hom lewe, Hom liefhet en dien, verklaar ons ons afhanklikheid van Hom.