My vrou het onlangs vir my ’n klein Labrador-hondjie gegee, wat ons Max genoem het. Een dag terwyl Max by my was, het ek by my lessenaar gewerk en ek hoor skielik papier skeur agter my. Ek het omgedraai en ’n baie skuldige klein hondjie gesien met ’n oop boek en ’n bladsy wat uit sy mond hang.

Ons veearts sê Max gaan deur sy “kou” jare. Wanneer klein hondjies hulle melktandjies verloor en permanente tande uitkom, kalmeer hulle hulle tandvleise deur aan enige ding te kou. Ons moet hom maar fyn dophou, dat hy nie aan iets kou wat nadelig vir hom is nie, en hom na gesonde alternatiewe heenwys.

Max se drang om te kou – en my verantwoordelikheid om hom dop te hou – laat my dink waaraan ons “kou” in ons gedagtes en harte. Bedink ons deeglik wat ons ons onsterflike siele voer wanneer ons lees, die web besoek of TV kyk? Die Bybel moedig ons aan “Soos pasgebore kindertjies smag na melk, so moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry. Julle het immers ondervind dat die Here goed is” (1 Petrus 2-3). Ons het nodig om onsself elke dag te vul met God se Woord en waarheid as ons wil gedy as volgelinge van Christus. Slegs dan kan ons tot volwassenheid in Hom groei.