“Luister” het my vrou oor die telefoon gesê, “daar is ’n aap in ons erf.” Ek kon oor die foon hoor dat dit soos ’n aap klink, maar dit het later geblyk dat dit die geluid van ’n gestreepte uil was. Die werklikheid was nie wat ons gedink het dit is nie.

Toe Juda se Koning Hiskia binne die mure van Jerusalem deur die weermag van Koning Sanherib vasgekeer is, het die Assiriërs gedink hulle die oorlog gewen. Die werklikheid het hulle egter verkeerd bewys. Die Assiriese hoofadjudant was baie vleiend en het voorgegee om namens God te praat. Maar God het steeds Sy volk beskerm.

“… ek het nie sonder die Here opgetrek teen hierdie plek om dit te verwoes nie” het hy gesê (2 Kon. 18:25), en as hulle oorgee “dan sal julle lewe, julle sal nie sterwe nie” (vs. 32).

Dit klink soos iets wat God sal sê. Maar Jesaja het die Israeliete herinner aan God se belofte: “[Sanherib] sal nie in die stad inkom nie, hy sal nie ’n pyl hier afskiet nie … Ek sal die stad beskut en hom red” (vv. 19:32-34; Jes. 37:35). Daardie nag het ’n “engel van die Here” die Assiriërs doodgemaak (vs. 35).

Dit sal soms gebeur dat mense ons vleiend “adviseer”, terwyl hulle God se krag ontken. Maar nie God nie. Hy praat met ons deur Sy Woord. Hy lei ons met Sy Gees. Sy Hand is op diegene wat hom volg, en Hy sal ons nooit verlaat nie.