Malcolm Muggeridge, die bekende Britse joernalis en sosiale resensent, het op die ouderdom van 60 jaar tot geloof in Christus gekom. Op sy 75ste verjaardag het hy 75 insiggewende opmerkings oor die lewe gemaak. Een daarvan het só gelui: “Ek het nog nooit ’n ryk man ontmoet wat gelukkig is nie, tog het ek enkele kere ’n arm man ontmoet wat glad nie ’n ryk man wou word nie.”

Die meeste van ons sal saamstem dat geld ons nie gelukkig kan maak nie, tog sal ons dalk meer wil hê ter wille van sekuriteit.

Koning Salomo se netto waarde is op meer as 2 triljoen Amerikaanse dollars geskat. Hoewel hy skatryk was, het hy geweet dat geld ook

enorme beperkings het. Spreuke 8 is op sy ervaring gebaseer en bied Wysheid se roepstem aan alle mense: “Ek … roep na alle mense … elke woord van my is opreg” (vv. 4, 6). “Aanvaar wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer … Ek, Wysheid, is kosbaarder as edelstene; wat jy ook al as baie werd beskou, teen my weeg dit nie op nie” (vv. 10-11).

Wysheid sê: “Wat ek vir jou lewer, is beter as goud, selfs fyn goud; wat ek inbring, is meer werd as die suiwerste silwer. Waar ek gaan, is daar geregtigheid, my pad is dié van die reg. Ek maak dié wat ek liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol” (vv. 19-20).

Dít is waarlik ware rykdom!