Hoekom betaal meer as vyf miljoen mense jaarliks om kilometers te hardloop waar hulle mure moet oor, deur modder sukkel en pype te klim, terwyl water oor hulle afstort ? Sommige sien dit as ’n persoonlike uitdaging om hulle vermoeiheidsgrens te toets of hulle vrese te oorkom. Vir ander is die aantrekkingskrag die spanwerk, waar hulle mekaar help en ondersteun. Een persoon noem dit ’n “geen-oordeel sone” waar mense wat vreemdelinge is, sal uitreik om mekaar te help om die wedloop te voltooi (Stephanie Kanowitz, The Washington Post).

Die Bybel moedig ons aan om saam te werk om ons geloof in Jesus uit te leef. “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en des te meer namate

julle die oordeelsdag sien nader kom” (Hebreërs 10:24-25).

Ons doel is nie om “te wen” in die geloofswedren nie, maar op tasbare maniere uit te reik deur ’n voorbeeld te stel en ’n helpende hand uit te reik op die pad.

Die dag sal aanbreek wat ons aardse lewe voltooi is. Tot dan, laat ons mekaar aanspoor, reg wees om te help en saamtrek elke dag.