Wetenskaplikes het ’n pak klere (die “Space Suit”) ontwerp wat, as jy dit aantrek, jy onmiddellik 40 jaar ouer voel. Jy ondervind verswakte sig, ’n gebrek aan gehoor en verminderde beweeglikheid – (hulle noem dit “virtual reality” – feitlike werklikheid). Die pak is ontwerp om mense wat verswakte bejaardes versorg, te help om hulle pasiënte beter te verstaan. ’n Joernalis wat die pak aangetrek het, het eenkeer opgemerk dat die pak jou nie net help om veroudering te verstaan nie. Dit kan jou selfs help om empatie met ander te hê asook’n beter begrip van die wêreld rondom jou.

Empatie is die vermoë om die gevoelens en geestestoestande van ander beter te verstaan. Die skrywer van Hebreërs het byvoorbeeld tydens die vervolging van Jesus se aanhangers, mede-aanhangers aangemoedig om aan “die gevangenes [te dink] asof hulle self ook gevangenes is, en die wat mishandel word, asof hulle self ook mishandel word” (vs. 3).

Dit is presies wat Jesus vir ons gedoen het. Hy het mens geword; “in elke opsig aan Sy broers gelyk geword … om die sondes van die volk te versoen. Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word” (2:17,18).

Christus die Here, wat soos ons geword het, roep ons op om ander so te ondersteun asof ons saam met hulle ondersteuning en bemoediging nodig het.