My kinders was baie lief om die sade wat gedurende die lente van my buurman se silwer Esdoringboom grond toe getol het, te probeer vang. Die doel van die sade, wat soos helikopterlemme gelyk het, was nie om weg te waai nie, maar om op die grond te val en daar te ontkiem.

Kort voor Jesus se kruisiging was daar mense wat Hom graag wou ontmoet. Maar Hy het aan Sy dissipels gesê: “Die tyd het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word. Dit verseker ek julle: As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in” (Johannes 12:23-24).

Jesus se dissipels wou gehad het dat Hy as die Messias vereer moet word. Hy het egter gekom om Sy lewe vir ons af te lê sodat ons vergiffenis van sonde kan ontvang en deur ons geloof in Hom tot nuwe mense verander te word. Soos Jesus se volgelinge hoor ons ook Sy woorde: “Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou. As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal My dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer” (vv. 25 -26).

Helikoptersaad herinner ons aan die wonder van Jesus, ons Verlosser, wat mens geword het en vir ons gesterf het, sodat ons vir Hom sal lewe.