Month: November 2017

Onvolmaak, Tog Geliefd

In Japan word baie klem gelê op gehalte, kwaliteit, voorkoms en smaak van voedselprodukte. Gevolglik gebeur dit dat produkte met slegs ’n geringe defek dikwels afgekeur word. “Wakeari” beteken “daar is ’n rede” in Japanees. “Wakeari”produkte word nie weggegooi nie, maar vir ’n rede goedkoper verkoop – bv. ’n ryskoekie met ’n kraak daarin – en is baie gewild by gebruikers.…

Die Krag Van Empatie

Wetenskaplikes het ’n pak klere (die “Space Suit”) ontwerp wat, as jy dit aantrek, jy onmiddellik 40 jaar ouer voel. Jy ondervind verswakte sig, ’n gebrek aan gehoor en verminderde beweeglikheid - (hulle noem dit “virtual reality” – feitlike werklikheid). Die pak is ontwerp om mense wat verswakte bejaardes versorg, te help om hulle pasiënte beter te verstaan. ’n Joernalis…

Ons Magtige God

Eendag het ek dit baie geniet om op die strand te staan en kyk hoe seilplankryers wat deur die krag van die wind voortgedryf was, oor die water bons. By navraag het een van die deelnemers my verseker dat hierdie manier van branderry, waar die wind ingespan word om die werk te doen, baie makliker as gewone branderplankry is.

Soos…

Om Beter Te Weet

Dit was duidelik dat my aangenome seun ietwat ondervoed was. Ons het hom oorlaai met liefde en vir hom gegee wat hy ontbreek het, veral kwaliteit kosse, maar tevergeefs. Daar was geen vordering nie. Na amper drie jaar moes ons uitvind dat hy vir sekere kossoorte weerstandig was. Nadat ons hierdie kossoorte uit sy dieet verwyder het, het hy ’n…

God Weet

Denise het baie meegevoel gehad met ’n seergemaakte vrou wat sy by haar kerk ontmoet het en besluit het om te probeer help. Sy het haar elke week met raad bedien, saam met haar gebid en naderhand haar mentor geword. Maar sommige kerkleiers het Denise se pogings nie raakgesien nie en iemand anders aan die vrou as mentor toegewys.

Alhoewel…

Om Mens Te Wees

’n Polisiehoof is eenkeer gevra hoe hy ’n gemeenskap wat nie altyd saamwerk as dit by wetstoepassing kom nie, hanteer. In antwoord het hy nie sy kenteken uitgeruk of sy rang voorgehou nie, maar stilweg geantwoord dat hulle self net mense is wat met mense in nood werk.

Sy nederigheid en gelykstelling met ander mense het my aan Petrus se…

Die Hart Se Ware Tuiste

Ons was vir etlike jare die eienaars van ’n Westerse Hoogland Terriër. Hierdie hondjies is besonder taai en word geteel om in ratelgate in te kruip en ratels uit te trek. Alhoewel ons hondjie vir baie jare uit haar oorspronklike habitat verwyder was, het sy steeds haar ingeteelde instink behou. So het sy eendag een of ander dierasietjie onder ’n…

Oes en Danksegging

Nadat God die Tien Gebooie op die berg Sinai aan Moses gegee het, het God vir Moses beveel om drie nuwe feeste vir Sy volk in te stel. Ons lees daarvan in Eksodus 23:14 tot 16. Een daarvan was die fees van die oes. God het gesê dat hierdie fees met die opbrengs van wat op die land gesaai was,…

Helikoptersaad

My kinders was baie lief om die sade wat gedurende die lente van my buurman se silwer Esdoringboom grond toe getol het, te probeer vang. Die doel van die sade, wat soos helikopterlemme gelyk het, was nie om weg te waai nie, maar om op die grond te val en daar te ontkiem.

Kort voor Jesus se kruisiging was daar…

Maak ’n vrolike geraas

My vriendin het my een Sondag na ’n erediens by haar kerk genooi. Sy het gehoor dat ek na ’n kerk soek om gereeld by te woon. Die voorsangers het die gemeente in een van my gunsteling liedjies gelei en dit het my uit volle bors laat sing.

Na die lied het my vriendin se man na my gedraai en…