’n Gewilde kinderboek vertel die verhaal van ’n arme plaasjapie wat sy pet afhaal om die koning te eer. ’n Identiese hoed verskyn dadelik weer op sy kop en dít het die koning se toorn aangehits. Bartholomew verwyder hoed na hoed terwyl hy na die paleis begelei word. Elke keer verskyn ’n nuwe een in sy plek. Kosbare juwele en vere het die hoede al hoe spoggeriger getooi. Koning Derwin het die vyfhonderdste hoed begeer, vir  Bartholomew vergewe en die hoed vir 500 stukke goud by hom gekoop. Uiteindelik was Bartholomew se kop onbedek en hy het gemaklik en met geld huis toe gegaan.

’n Weduwee met finansiële nood het na Elisa gekom uit vrees dat haar kinders as slawe verkoop sou word om haar skuld te delg (2 Kon. 4). Sy het geen bates gehad nie behalwe ’n kannetjie olie. God het dié olie vermenigvuldig en sodoende geleende kruike gevul, die skuld gedelg én in hul daaglikse behoeftes voorsien.

God het op dieselfde manier as waarop Hy in die finansies van die weduwee voorsien het, vir my redding gebied. Ek is deur die sonde verarm, maar Jesus het my skuld betaal en bied ook vir my die ewige lewe! Sonder Jesus kan ons op geen manier sake met ons Koning regmaak nie. Ons het gesondig.  God voorsien egter wonderbaarlik die losprys vir ons en verseker ons dat diegene wat op Hom vertrou, vir ewig in oorvloed sal lewe.