Vyf en sestig miljoen. Dis hoeveel vlugtelinge daar vandag in die wêreld is – mense wat hul huise weens konflik en vervolging moes verlaat – en dis hoër as ooit tevore. Die VN het leiers versoek om saam te werk en vlugtelinge te ontvang sodat elke kind ’n opleiding kan ontvang, elke volwassene ’n betekenisvolle werk, en elke familie ’n huis kan hê.

Die droom om tuistes vir vlugtelinge in nood te skep, herinner my aan ’n belofte wat God aan Juda gemaak het toe die onverskrokke Assiriese magte hul woonplekke bedreig het. Die Here het die profeet Miga beveel om die mense te waarsku dat hulle hul tempel en hul geliefde stad Jerusalem sou verloor. God het egter ook belowe dat ’n lieflike toekoms anderkant die verlies wag.

Daar sal ’n dag aanbreek, sê Miga, wanneer God die mense van die wêreld na Hom toe sal roep. Geweld sal beëindig word. Wapens sal in landbou-implemente gesmee word, en elkeen wat op God se oproep antwoord, sal ’n vreedsame tuiste en ’n produktiewe lewe in Sy koninkryk ontvang (4:3-4). Â

Daar is vandag baie mense in die wêreld, en dalk vir jou ook, vir wie ’n veilige tuiste eerder ’n droom as die werklikheid is. Tog kan ons op God se oeroue belofte van ’n woonplek vir die mense van al die nasies vertrou, terwyl ons wag en werk en bid dat daardie vreedsame tuistes ’n werklikheid word.