Month: Augustus 2017

God Se Skittering

Die Lord Howe Eiland, ’n entjie van Australië se ooskus af, is ’n paradys met wit strande en kristalhelder water. Die skoonheid het my verstom. Hier swem ’n mens saam met seeskilpaaie en glinsterende visse terwyl lieflike neonkleurige see-organismes om jou dryf. In die koraalriwwe swem helder oranje narvisse en geel gestreepte skoenlappervisse nader om jou hand te soen. Die…

Oorvloedige Vrugte

Ek bewonder die vrugte in ons buurman se erf. Hul wingerd met groot trosse druiwe aan rank oor ons heining en takke vol pers pruime en oranje lemoene wink binne ons bereik.

Ons versorg nie die grond, plant die sade, lei die tuin nat of roei die onkruid uit nie, tog deel ons bure hul oorvloed met ons. Hulle aanvaar…

Gereinig

“Wat gaan hier aan?” het ek gewonder toe ek ons skottelgoedwasser oopmaak. In plaas van skitterblink skottelgoed het ek borde en glase wat met ’n krytagtige stof bedek is, uitgehaal. “Is die harde water in ons omgewing hiervoor verantwoordelik of is die masjien stukkend?” het ek myself afgevra.

God se reiniging, wat totaal anders is as die stukkende skottelgoedwasser s’n,…

Gee Aandag

John Newton het geskryf: “As ek op pad huis toe ’n kind teëkom wat ’n sent laat val, en as ek, deur vir hom ’n sent te gee, sy trane kan afvee, sal ek voel ek het iets gedoen. Natuurlik sal ek groter dinge wil doen, maar só ’n gebaar sal ek nie nalaat nie.”

Oral om ons is mense…

Soekend In Alle Erns

Ons gesin staan elke Saterdag aan weerskante van die resiesbaan om ons dogter wat aan die veldwedloop deelneem, aan te spoor. Nadat hulle oor die eindstreep is, stroom die atlete om weer by hul spanmaats, afrigters en ouers uit te kom. ’n Skare wat op die atlete toesak – dikwels meer as 300 mense – maak dit vir ’n mens…

’n Slang En ’n Driewiel

Ek het jare lank ’n storie vertel van ’n tyd in Ghana toe ek en my broer nog peuters was. Volgens wat ek kan onthou, het hy ons ou ysterdriewiel bo-op ’n kobra geparkeer.

Nadat my ma oorlede is, het ons afgekom op ’n langverlore brief waarin sy oor die insident geskryf het. In werklikheid was dit ék wat die…

Weggelok

Tydens die somer van 2016 het my niggie my oortuig om Pokémon Go te speel. Dié speletjie word op ’n slimfoon gespeel en die foon se kamera word ingespan . Die doel van die spel is om klein kreatuurtjies – Pokémon – te vang. Sodra een in die spel te voorskyn, verskyn daar ook ’n wit-en-rooi bal op die foon…

Die Belange Van Ander

My vriend Jaime werk vir ’n reuse internasionale bestuursorganisasie. Nog in sy beginjare daar het ’n man na sy lessenaar gekom en met hom begin gesels. Hy wou weet wat Jaime daar doen. Jaime het hom van sy werk vertel en die man se naam gevra. “My naam is Rich,” het hy geantwoord. “Aangename kennis,” het Jaime gesê. “En wat…

Ons Skuld Is Weg

Toe ek jonger was, het ek ’n vriendin na ’n geskenkwinkel geneem. Ek was geskok toe sy ’n handvol goed in my sak stop en my by die deur uitstoot sonder om daarvoor te betaal. Die skuld het ’n week lank aan my geknaag voordat ek na my ma toe is – my skulderkenning en trane het ewe vinnig gevloei.…

Ryp Vir Die Oes

Gedurende die laatsomer het ons in die New Forest in Engeland gaan stap. Ons het dit geniet om wilde braambessies te pluk en die perde daar naby dop te hou. Terwyl ek die oorvloed van die soet vrugte geniet het wat reeds baie jare tevore deur ander aangeplant is, het ek aan Jesus se woorde aan Sy dissipels gedink: “Ek…