My vriend Norm Cook het soms ’n verrassing vir sy familie gehad as hy na werk tuisgekom het. Hy sou by die voordeur instap en roep, “Jy is vergewe!” Dit was nie dat familielede hom verontreg het en sy vergifnis nodig gehad het nie. Hy het hulle daaraan herinner dat, alhoewel hulle waarskynlik gedurende die dag gesondig het,  hulle deur God se genade ten volle vergewe is. 

Die apostel Johannes het dié opmerking gemaak oor genade: “Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. As ons beweer dat ons nie sonde het nie [of geen neiging daarnatoe het nie], bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid” (1 Joh. 1:7-9). 

“In die lig lewe” is ’n metafoor vir, om Jesus te volg. Om Jesus met die hulp van die Gees na te boots, meen Johannes, is ’n teken dat ons by die apostels in die gemeenskap van geloof aangesluit het. Ons is geloofwaardige Christene. Maar, meen hy, laat ons nie mislei word nie; Ons sal soms verkeerde keuses maak. Tog word genade in volle maat gegee: Ons kan soveel vergifnis neem as wat ons benodig. 

Nie volmaak nie; net deur Jesus vergewe! Dit is die goeie woord vir vandag.