In haar boek Wearing God, sê skrywer Lauren Winner dat ons klere onuitspreeklik aan ander kommunikeer wie ons is. Wat ons dra mag ons loopbaan, gemeenskap, identiteit, of sosiale status aandui. Dink aan ’n T-hemp met ’n slagspreuk, ’n besigheidspak klere, ’n uniform of olierige jeans en wat hulle kan openbaar. Sy skryf: “Die gedagte dat, soos met ’n kleed, Christene dalk woordeloos iets van Jesus sê – is treffend.”

Volgens Paulus, kan ons net so, woordeloos, Christus verteenwoordig. Rom. 13:14 sê, “julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie … om julle sondige begeertes te bevredig nie.” Wat beteken dit? Wanneer ons Christene word moet ons Christus se identiteit aanneem. “Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God” (Gal. 3:26). Tog moet ons elke dag onsself met Sy aard beklee. Ons doen dit deur te strewe om vir en meer soos Jesus te lewe. Ons  moet in godsvrug, liefde, en gehoorsaamheid groei en ons rug op die sonde, wat ons eens tot slaaf gemaak het, draai.

Dié groei in Christus is as gevolg van die Heilige Gees wat in ons werk en ons begeerte om Hom te nader, deur die Woord te bestudeer, gebed en deur tyd met ander Christene te spandeer (Joh. 14:26). Wanneer ander na ons woorde en houding kyk, watter stelling maak ons oor Christus?