Month: Junie 2017

’n Tyd Om Te Floreer

Ek het die afgelope lente besluit om die roosboom by ons agterdeur af te sny. In die drie jaar wat ons daar woon, het dit nie veel blomme gedra nie en sy lelike takke het wild gegroei.

Ek het egter besig geraak en my plan is vertraag. ’n Paar weke later het die roosboom bloeisels gedra soos nog nooit tevore nie.…

Geloof In Aksie

Op pad na die kruidenierswinkel het ’n vriendin ’n vrou langs die pad sien stap. Op die ingewing van die oomblik het sy net daar die motor omgeswaai en die dame ’n saamrygeleentheid aangebied. Sy is aan die hart gegryp toe die vrou haar vertel dat sy nie busgeld het nie en daarom die vele kilometers in die warm en…

Onafgehandelde Werk

Met sy dood het die groot kunstenaar, Michelangelo, heelwat onvoltooide projekte agtergelaat. Vier van sy beeldhouwerke was egter nooit veronderstel om voltooi te word nie. Al het dit voorgekom asof die Bebaarde Slaaf, die Atlas-slaaf, die Ontwakende Slaaf en die Jong Slaaf nie klaar was nie, was hulle presies soos Michelangelo hulle wou gehad het. Die kunstenaar wou wys hoe dit voel…

Vyfvingergebede

Gebed is ’n gesprek met God, nie ’n formule nie. Tog voel dit soms asof ons ’n “metode” nodig het om nuwe lewe in ons gebede te blaas. Ons kan die Psalms of ander Skrifgedeeltes nabid, soos byvoorbeeld die “Ons Vader.” Ons kan ook die ACTS-metode (Adoration [Aanbidding], Confession [Skuldbelydenis], Thanksgiving [Danksegging] en Supplication [Smeking]) volg. Ek het onlangs van…

Baie Goed!

Dit wil voorkom asof daar deur sommige dae ’n tema loop, soos ek onlangs ondervind het. Ons predikant het sy preek, gegrond op Genesis 1, begin met asemrowende tydsverloopfotografie van ontluikende blomme. Tuis het talle plasings van blomme op sosiale media my verras. En later, toe ons in die bos gaan stap, het die lente se plate en plate veldblomme…

Deurweek Met Die Woord

Toe ons seun Xavier ’n kleuter was, is ons na die Monterey Bay Akwarium. By die ingang het ek gewys na ’n groot beeldhouwerk wat van die plafon gehang het: “Kyk, ’n boggelrugwalvis!”

Xavier se oë het gerek. “Reusagtig,” het hy gesê.

“Hoe ken hy daardie woord?” het my man gevra.

“Hy moes dit by ons gehoor het,” het ek gesê. Ek was…

Hoe Om Te Dien

Dit was tyd vir ’n nuwe groep leiers in ons kerk om hul amp op te neem. Om hul rolle as dienaar-leiers uit te beeld, het die ouderlinge deelgeneem aan ’n onvergeetlike voetwasseremonie. Elke leier, selfs die predikant, het mekaar se voete gewas terwyl die gemeente toegekyk het.

Wat die leiers daardie dag gedoen het, is volgens die voorbeeld wat Jesus…

Almal Speel Saam

Die spel van die 11- en 12-jarige orkeslede in ons kleindogter se skoolkonsert het my beïndruk. As elkeen van hulle ’n solis wou wees, sou elkeen se individuele vertoning nie dieselfde lieflike musiek kon skep as die groep gesamentlik nie.

Paulus het aan Jesus se volgelinge in Rome geskryf: “Net so is ons, al is ons baie, in Christus een…

Stilte

’n Onbewoonde herehuis het voor die konvooi noodlenigingsvoertuie opgedoem – die burgemeester s’n. Sy mense het die basiese noodsaaklikhede kortgekom terwyl hy in weelde in ’n veraf stad gewoon het.

Sulke onregverdigheid maak ons kwaad. Ook God se profeet het kwaad geword. Toe Habakuk die buitensporige verdrukking sien, het hy gevra: “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U…

Deel Bekers Van Troos

’n Vriendin het vir my van haar eie erdewerk gepos. Sommige items – soos die koppie wat in ’n paar groot stukke gebreek het – is tydens die reis beskadig. Nadat my man die stukke aanmekaargelas het, het ek die pragtige geskonde koppie op ’n rak uitgestal.

Ek het – net soos daardie gelaste stuk erdewerk – ook littekens wat…